AFRIKAANS     ENGLISH

Hendrik z´n huisje Kamer 3

Hendrik z´n huisje 1 bied twee enkelbeddens met ´n knus kuierhoekie by die ou vuurherd met sy Welcome Dover-stofie. Die huisie is vol interessante kenmerke - ´n blaasbalk-koffietafel, ´n "annerster" badkamerspieël en selfs ´n toilet met ´n kettingspoelmeganisme. Hierdie fyn detail spreek van die liefderyke aandag waarmee die huisie ingerig is. Met die houthortjies oop op die rondomstoep, voel dit so huislik dat ´n mens skoon lus het om oor die onderdeur te hang asof jy al jare hier bly.

Hendrik z´n huisje Kamer 3 Fasiliteite

  • 2 x enkelbeddens
  • Privaat badkamer met stort
  • 19de eeu houtstoof(Kaggel)
  • Lugverkoeling en verwarming
  • Kroegyskas
  • Verwelkoming sjerry
  • Tee en koffie fasiliteit met tuisgebakte beskuit
  • Gesuiwerde Water
  • Muskiet masjien
  • Haardroër op aanvraag
  • Wi-Fi
  • Bed & Ontbyt (geen selfsorg)

Hendrik z´n huisje 4

Hendrik z´n huisje 2 is ´n dubbelkamer met ´n gesellige sitkamertjie by die negentiende-eeuse houtstofie. Die verbeeldingrykheid van die ouwêreldse afwerking - breë vensterbanke, die "ingeboude" houtkas en die houtwastafel in die badkamer - voer ´n mens onwillekeurig terug na ´n tyd toe dinge eenvoudiger was. Die ruim stoep is die perfekte plek om die uitsig oor die groen lusernlande en volstruisplase in die Schoemanshoekvallei te waardeer, of om na die voëls in die tuin se geredekawel te luister.

Wenk: Hoewel Hendrik z´n huisje se twee wooneenhede heeltemal apart is, is dit ideaal vir ´n gesin van vier.

Hendrik z´n huisje 4 Fasiliteite

  • 1 x Dubbelbed
  • Privaat badkamer met stort
  • 19de eeu houtstoof(Kaggel)
  • Lugverkoeling en verwarming
  • Kroegyskas
  • Verwelkoming sjerry
  • Tee en koffie fasiliteit met tuisgebakte beskuit
  • Gesuiwerde Water
  • Muskiet masjien
  • Haardroër op aanvraag
  • Wi-Fi
  • Bed & Ontbyt (geen selfsorg)
Terug na Akkommodasieblad (vorige bladsy)
Copyright © 2018  ::  Rooderandt  •  Site by:  WebWorX