AFRIKAANS     ENGLISH

Mieta se huisie 1

Die yslike slagyster bo die deur van Mieta se huisie 1 is ´n gepaste metafoor vir die wyse waarop hierdie huisie se atmosfeer jou vasvang en nie wil laat los nie. Die sitkamer se perskepitvloer val ´n mens dadelik op; so ook die fris Bolinder´s No. 16A-stoof in die vuurherd. As jy die slaapkamerdeur met sy geskilderde glas oopmaak, wag daar - benewens die twee enkelbeddens - ´n palet van kleur, tekstuur en afwerking op jou.

Maak net seker die huisie se binnekant fassineer jou nie só baie dat jy nie op die stoep in die boomryke tuin uitkom nie!

Mieta se huisie 1 Fasiliteite

  • 2 x enkelbeddens
  • Badkamer met stort
  • Lugverkoeling en verwarming
  • Kroegyskas
  • Verwelkoming sjerry
  • Tee en koffie fasiliteit met tuisgebakte beskuit
  • Gesuiwerde Water
  • Muskiet masjien
  • Haardroër op aanvraag
  • Wi-Fi
  • Bed & Ontbyt (geen selfsorg)

Mieta se huisie 2

Mieta se huisie 2 se koningin-grootte bed, die ekstra lang bad en die oorvloed kerse in die badkamer laat ´n mens wonder of hierdie huisie nie spesifiek ingerig is vir paartjies wat die wêreld wil uitsluit en hulle in mekaar se arms wil vind nie... Die gekabbel van die nabygeleë voëlbad se fonteintjie en die voëls se entoesiastiese saamgesels help ´n mens beslis om te vergeet van elke dag se sleur en om eerder te fokus op die prag van die Klein Karoo en hierdie sjarmante wegkruipplekkie.

Wenk: Die spekboomlapa in die tuin net onder Mieta se huisie het ´n slim klipmosaïekvloer wat die perskepitvloere van Mieta se huisie eggo. Dit is die ideale plek om die sonsondergang dop te hou met ´n glas koue witwyn in die hand.

Mieta se huisie 2 Fasiliteite

  • 1 x Koning-grootte bed
  • Badkamer met BAD
  • Lugverkoeling en verwarming
  • Kroegyskas
  • Verwelkoming sjerry
  • Tee en koffie fasiliteit met tuisgebakte beskuit
  • Gesuiwerde Water
  • Muskiet masjien
  • Haardroër op aanvraag
  • Wi-Fi
  • Bed & Ontbyt (geen selfsorg)
Terug na Akkommodasieblad (vorige bladsy)
Copyright © 2018  ::  Rooderandt  •  Site by:  WebWorX